NWK speel 'n onmisbare rol in die landboubedryf van Suid-Afrika en is bepaald 'n vername landbou diens- en insetverskaffer in die Noordwes Provinsie.

Ons klante is landbouprodusente en
kopers van 'n wye reeks landbou-insette
en verwante landbouprodukte, wie
binne hierdie dinamiese
markomgewing gedien moet word.
NWK is oor 'n wye spektrum van aktiwiteite betrokke in die volgende bedrywe:
  • Graanbedryf
  • Landboubestuursdienste
  • Handel
  • Finansiële Dienste
  • Nywerhede
Graan
NWK se graanbedryf streef daarna om waarde toe te voeg in die graanverhandelingsketting
deur 'n eenstopdiens vir graanprodusente en kopers daar te stel.

Graandienste lewer uitstekende opbergings- en hanteringsdienste. Verder beskik NWK ook oor graanskoonmaak-, versak-, drogings-, wegings-, en verwerkings-fasiliteite wat ons instaat stel om ten alle tye kwaliteit produkte en dienste te lewer. Ons gemaklike en gebruikersvriendelike silosertifikaatdiens en algemene graanadministrasie maak dit 'n aangename ervaring om graan deur NWK te stoor en te hanteer.

Graanbemarking lewer kundige en professionele bemarkings- en prysrisikobestuursdienste aan produsente sowel as meulenaars en ander kopers. Gestruktureerde skemas is ontwikkel om markpryse optimaal te benut. Mark-instrumente en kombinasies daarvan word ook volgens individuele unieke behoeftes van klante saamgestel. Markinligting en advies is gratis beskikbaar.

Landboubestuursdienste
Hierdie departement verskaf akkerboukundige-, veekundige- en landbou-ekonomiese
adviesdienste. Die besluitnemings-inligting en bestuurshulpmiddels het ten doel om boerderyrisiko te verlaag en die volhoubaarheid van landbou te verseker. Daar word veral gefokus op die ondersteuning van individue, studiegroepe en ander belangegroepe, asook die opkomende landbou boere in die Noordwes Provinsie.

Handel
NWK Handel bied aan sy klante 'n wye reeks kwaliteit landboubenodigdhede teen mededingende pryse.

Die Meganisasie Sake-eenheid fokus op die bemarking en diens van 'n reeks prima landbouwerktuie soos trekkers en stropers, sowel as 'n volledige reeks implemente en hooi toerusting.
ATC is 'n afsonderlike besigheidseenheid van Meganisasie wat spesialiseer in die invoer en verspreiding van gehalte transmisie-onderdele.

Die Saadafdeling dryf handel in 'n groot verskeidenheid gehalte-saad van bykans alle gewasse wat in die maatskappy se bedieningsgebied verbou word. Streng gehalte vereistes word nagekom om te verseker dat saad aan die hoogste standaard voldoen voordat dit aan produsente gelewer word.

Kunsmisbemarking geskied onder die vaandel van NWK-Omnia agentskap, wat die bemarking asook die lewering van droë en vloeibare kunsmis sowel as landboukalk professioneel hanteer met gepaardgaande wetenskaplike nutrilogiese advies.

NWK se Motorfiliaal het die agentskap vir Volkswagen voertuie en hanteer ook gebruikte voertuie.

Finansiële Dienste
Die departement Finansiering ken die behoeftes van die boer en kan die beste finansieringspakkette saamstel om te verseker dat die boer sy boerdery-aktiwiteite
mededingend kan bedryf. Benewens die finansiering van boere se produksie-insetkoste, finansier NWK ook landbouwerktuie, voertuie, versekering en ander boerderybenodighede.

NWK Versekeringsmakelaars se hoofdoelwit is die professionele aanbieding van die beste versekeringsprodukte teen die mees mededingende prys. Dit sluit in: korttermynversekering, oes- en insetversekering, begrafnisversekering, mediese fondse en aftree-voorsiening.

Nywerhede
Epko is 'n filiaal van NWK Beperk en beskik oor aanlegte vir die pers van sonneblomsaad tot ru-sonneblomolie en sonneblomolie-koekmeel, die verfyning van ru-olie, asook die verbotteling van suiwer sonneblomolie van uitstaande gehalte.

NWK Vloeibare Kunsmis vervaardig 'n volledige reeks vloeibare kunsmis met hoë kwaliteitsvereistes en puik ondersteunende adviesdienste as basis.

Noordfed is 'n filiaal van NWK Beperk wat 'n reeks puik mielie-, koring- en graansorghumprodukte vervaardig en bemark. Daarbenewens vervaardig Noordfed ook hondekos en verpak en versprei ander produkte soos droëbone , erte, gemengde hoenderkos, asook sonneblomolie.

Opti Feeds , is 'n filiaal van NWK Beperk en vervaardig en verkoop 'n volledige reeks veevoere en het ook 'n sterk tegniese ondersteuningspan wat professionele aanbevelings doen vir die beste resultate.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 



Danie Marais
Besturende Direkteur



Theo Rabe
Direkteur: Finansies


Jan Grobbelaar
Operasionele Direkteur



Ertjies Jacobs
Hoofbestuurder: Nywerhede & Filiale